Simbra-pioniertelers hou praktiese werkswinkel

Inligting oor die beginjare van die Simbra-ras in Suid-Afrika en verskeie praktiese landboudemonstrasies was deel van die geslaagde boeredag wat op Donderdag 24 April boere van die omgewing en lede van die gemeenskap na die plaas van die Steenekamp-gesin buite Lydenburg gelok het. Die dag is deur Rinus en Madeleen Steenekamp en hul ouers, prof Stoney en Elsa Steenekamp van Fiducia Simbra’s, Suid-Afrika se pionier Simbra-stoet, aangebied.

Die dag is afgeskop met ’n gesprek oor relevante wetgewing en plaasveiligheid, aangebied deur Afriforum. Die program het verder uit verskeie praktiese landboudemonstrasies bestaan. Die besoekers het meer geleer oor die hoefversorging van beeste, Fase D-toetsing, die versorging van werkperde op die plaas, wurmweerstand in skape, sonartegnologie vir dragtigheidsondersoeke en teling in die Fiducia-stoet.

Ná ’n besoek aan die VSA in 1983, waartydens prof Stoney en Elsa die Kingrange-stoet in Texas besoek en kennis gemaak het met die Simmentaler en Brahman-kruising, het hy met die proses begin om sy kudde na ’n Simbra-stoet op te gradeer. Die stoet is in 1987 amptelik geregistreer.

Sedertdien, sê Willem Volschenk plaaslike streekverkoopsbestuurder vir Molatek, wat sedert 1990 betrokke is by die stoet, het daar ongelooflike verandering in die samestelling, visuele voorkoms en funksionaliteit en die verbetering in eenvormigheid in die stoet plaasgevind.  “Dit is ongelooflik om die resultaat van jare se streng seleksie so in die praktyk te sien.”

 

'n Trop uit die Fiducia Simbra-stoet word met perde vanuit di eveld aangehjaag.

‘n Trop uit die Fiducia Simbra-stoet word met perde vanuit di eveld aangehjaag.

Willem Volschenk van Molatek gesels oor die Fiducia Simbra-stoet.

Willem Volschenk van Molatek gesels oor die Fiducia Simbra-stoet.

Marietjie Malan van die Longtom Dierekliniek in Lydenburg bespreek sonarskandering van beeste.

Marietjie Malan van die Longtom Dierekliniek in Lydenburg bespreek sonarskandering van beeste.

Die Steenekamps. Van links is Rinus, Madeleen, Jaco, Else en Prof Stoney.

Die Steenekamps. Van links is Rinus, Madeleen, Jaco, Else en Prof Stoney.

 

Jacques van Vuuren en Dr Gerjan van Veen bespreek wurmweerstand en siektediagnose met die boere.

Jacques van Vuuren en Dr Gerjan van Veen bespreek wurmweerstand en siektediagnose met die boere.

Zoëtis was een van die groot borge van die dag. Van links is Jacques van Vuuren van Tzaneen NWKV; Frans Labuschagne, 'n plaaslike boer; Jannes van Rooyen van Zoëtis; Dawid Human van Zoëtis en Dr Gerjan van Veen van Zoëtis.

Zoëtis was een van die groot borge van die dag. Van links is Jacques van Vuuren van Tzaneen NWKV; Frans Labuschagne, ‘n plaaslike boer; Jannes van Rooyen van Zoëtis; Dawid Human van Zoëtis en Dr Gerjan van Veen van Zoëtis.

Die dag is uitstekend bygewoon deur medeboere en lede van die gemeenskap.

Die dag is uitstekend bygewoon deur medeboere en lede van die gemeenskap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','//www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-53502148-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');